Wednesday, 24 October 2012

Afrikaanse Hekel Terminologie, Afkortings en Hekelpen Groottes

Almal se koppe (en lewens) is seker nie so deurmekaar soos myne nie, maar ek sukkel my gat af om Engeland en Suid-Afrika, Afrikaans en Engels, UK en USA met mekaar te vereenselwig.  So om my eie lewe makliker te maak het ek die volgende tabelle saam gestel:

  • Algemene Hekel Terminologie - die tabel lys die afkortings (in Engels en Afrikaans) vir die algemene hekel terme soos herhaal, kontrasterende kleur, en verkeerde kant.
  • Meer Spesifieke Hekel Terminologie - hierdie tabel is vol addisionele hekel terme soos voorste been (front post) en agter lus (back loop only).
  • Hekel Steke - hierdie tabel wys die afkortings en name van verskillende steke in Afrikaans, Britse Engels, en Amerikaanse Engels.
  • Hekelpen Groottes - die verskillende hekelpen groottes in millimeters, Amerikaanse groottes en Britse groottes.

Afrikaanse Hekel Terminologie, Afkortings en Hekelpen Groottes

Algemene Hekel Terminologie
General Crochet Terminology
Afrikaans
English
*
Herhaal instruksies tussen asteriske
*
Repeat instructions between asterisks
beg
Begin
beg
Begin
dies
Dieselfde

dop (gop)
Draad oor pen (gare oor pen)
yo(h)
Yarn over (hook)
dr
Draai
t
Turn
her
Herhaal   
rep
Repeat
HK
Hoof Kleur
MC
Main Colour
KK
Kontrasterende Kleur
CC
Contrasting Colour
l
Lusse
lp/s
Loop(s)
ong
Ongeveer
approx
Approximately
oorbl
Oorblywende
rem
Remaining
pat
Patroon

pc
Picot
pm
Plek merker
pm
Place marker
rdte/rdtes
Rondte(s)

RK
Regte kant
RS
Right side
so
Slaan oor
sk
Skip
sp/sps
Spasie(s)
sp
Space
st/ste
Steek(steke)
st
Stitch
tes
Tesame
tog
Together
tus
Tussen in
bet
Between
VK
Verkeerde kant
WS
Wrong side
vlg
Volgende

vor
Vorige
prev
Previous
weersk
Weerskante 


cont
Continue

Meer Spesifieke Hekel Terminologie
More Specific Crochet Terminology
ks-sp
kettingsteek spasie
ch-sp
chain space
ab
agterste been
bp
back post
vb
voorste been
fp
front post
vermeer
vermeerder
inc
increase
vermin
verminder
dec
decrease
vl(a)
voor lus (alleen)
flo
front loop only
al(a)
agter lus (alleen)
blo
back loop only

Hekel Steke
Crochet Stitches
Afrikaans
US
UK
gs
glipsteek
ss
slip stitch
ss
slip stitch
ks
kettingsteek
ch
chain
ch
chain
kb
kortbeen
sc
single crochet
dc
double crochet
hlb
halwe langbeen
hdc
half double crochet
htr
half treble crochet
lb
langbeen
dc
double crochet
tr
treble crochet
dlb
dubbelslag langbeen
tr
treble crochet
dtr
double treble crochet
drieslb
drieslag langbeen
dtr
double treble crochet
trtr/
ltr
triple treble crochet/
long treble crochet


Hekelpen Groottes

Hook Sizes
mm
USA
  UK  
2

14
2.25
1 / B
13
2.5

12
2.75
C/2

3

11
3.25
D/3
10
3.5
4 / E
9
3.75
F/5

4
G/6
8
4.5
7
7
5
8 / H
6
5.5
9 / I
5
6
10 / J
4
6.5
10.5/ K
3
7

2
8
11/L

9
13/M/N

10
15/N/P

15.5
P/Q


Jy kan ook die PDF weergawe van die tabelle hier aflaai.

Ek hoop dit help jou met daai patrone wat laatnag in vreemde tale by jou spook!

xxx dedri




9 comments:

  1. baie dankie, nou kan ek uiteindelik die engelse patrone lees..........jy is 'n ster

    ReplyDelete
  2. Ag Nicoline, ek is so bly iemand kon baat vind hierby :)

    ReplyDelete
  3. Baie Baie dankie dit is nou pragtig uit een gesit jy is 'n ster!!!
    nou kan ek dit vir mense aanstuur dankie duisend

    ReplyDelete
  4. Hi in die keur gebruik hulle die terme spring mielie as ook spyker kan jy dit verduidelik / verteel? Baie dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Springmielie is in Engelse terminologie as "popcorn stitch" bekend in hekel en spyker is "spike stitch". Hoop dit help?

      Delete
  5. Het iemand vertaling van brei terme vanaf afrikaans na engels?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Lizelle, ek het op Pinterest by Vrouekeur 'n vertaling gevind. Ek sluit die "link" sommer hier in:
      http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=48656&h=Basiese-breiafkortings--
      Hoop dit help! :)

      Delete
  6. Duisend dankies vir hierdie vertaling. Ek leer om te hekel met Engelse terminologie, so dit raak nogal baie interesant as ek al die wonderlike patrone in die Vrouekeur patroonboeke sien en nie weet waar om te begin nie! Opregte waardering!

    ReplyDelete