Saturday 13 October 2012

Ek Stel Myself Bekend


'n Mens moet seker hello sê, ne?  

En skielik weet ek nie hoe om dit in Afrikaans te doen nie.  My vingers voel dom na soveel Engelse woorde, en al praat ek en my man NET Afrikaans met mekaar is ek skielik skaam oor my taalgebruik.
Ek is gebore in Oudtshoorn in die hartjie van die Klein Karoo.  Ek was my Pa se Vadersdag geskenk :)
Ons het vir 'n kort rukkie in Oudtshoorn gebly, gevolg deur 'n jaar of wat op Kruisrivier (ons familie plaas), gevolg deur Calitzdorp.  Hier het ons (my familie) gebly tot lank nadat ek my skool loopbaan voltooi het.

Ek leef nou in London saam met my man ('n proper Afrikaanse laaitie) en ons drie seuns (proper pommies).  Pieter is die oudste.  Hy is vier going on veertien.  Jaco is twee en 'n half en het oë soos 'n volstruis en wenkbroue soos 'n gorilla.  Hy is my sagtste kind, maar hy het 'n wil van staal!!!  Xander is my babatjie - 7 maande oud en konstant aan die lag.

Ek het reeds 'n Engelse blog, Lookatwhatimade, waar ek skryf oor alles hoekerig en koekerig, maar soms kan 'n mens net nie in Engels sê wat jy wil sê nie.  Soms moet "so 'n bek jam kry" en soms is iemand "oulik waar die hond hulle gebyt het".  Soms "trou jakkals en wolf" en soms het iemand 'n "lang kop soos 'n weeshuis polonie".  Soms wil ek hê iemand moet "in hulle moer gaan vlieg".

Dis op daai geleenthede wat ek my taal en my land meer mis as wat ek ooit kan oor vertel.  En tot daai einde het ek besluit om my hekel werk en gebakkery hier, en in Afrikaans, met julle te deel - wie ook al julle is.

Aanvaar asseblief my spel- en taal foute as deel van multicultural ekke.  En geniet my patrone en projekte saam met my.

xxx dedri

No comments:

Post a Comment